Harry S. Truman | |
---|---|
33ste President van die Verenigde State | |
Ampstermyn | 12 April 1945 – 20 Januarie 1953 |
Voorganger | Franklin D. Roosevelt |
Opvolger | Dwight D. Eisenhower |
Geboortedatum | 8 Mei 1884 |
Geboorteplek | Lamar, Missouri |
Sterftedatum | 26 Desember 1972 (op 88) |
Sterfteplek | Kansas City, Missouri |
Eerste Dame | Bess Truman, née Wallace |
Politieke party | Demokraat |
Visepresident | Geen (1945-1949) Alben W. Barkley (1949-1953) |
Handtekening |
Harry S. Truman (* 8 Mei 1884, † 26 Desember 1972) was die 33ste President van die Verenigde State (1945-1953). In sy ampstermyn het die dreigende konflik met die Sowjetunie op die Koue Oorlog uitgeloop.
Wat buitelandse politiek betref, het hy hom veral toegespits op die beperking van Kommunistiese magsuitbreiding. Die meeste van sy binnelandse hervormingsprogramme is deur die Senaat, wat heelwat konserwatiewer as hy was, in die wiele gery.
Harry Spencer Truman is in Mei 1884 op Lamar in die staat Missouri gebore. Na sy skoolopleiding op die dorp Independence het hy as bankklerk begin werk en daarna by ʼn onsuksesvolle sakeonderneming betrokke geraak. Na die Eerste Wêreldoorlog, waaraan hy as artilleriekaptein deelgeneem het, het Truman weer eens betrokke geraak by 'n onderneming wat misluk het.